Jane Campion

Jane Campion in 2010.

Jane Campion (Wellington, 30 April 1954) is 'n film- en televisieregisseur.[1]

Campion is in Wellington, Nieu-Seeland, gebore. Sy het antropologie gestudeer en later die Australian School of Film and Television bygewoon. In 1993 het sy die Palme d'Or by die Cannes-rolprentfees gewen vir die rolprent The Piano. Dié rolprent is ook in 1993 vir agt Oscar-toekennings genomineer, en het uiteindelik drie gewen, insluitend beste oorspronklike draaiboek (geskryf deur haar), beste aktrise (Holly Hunter) en beste vroulike byspeler (Anna Paquin).[2]

  1. Fox, Alistair (2011). Jane Campion: Authorship and Personal Cinema. Indiana University Press. p. 32. ISBN 978-0253223012. Besoek op 30 Desember 2015.
  2. "'Piano's' Jane Campion Is First Female Director to Win; 'Concubine's' Chen Kaige Has First Chinese-Film Victory: 'Piano', 'Concubine', Share the Palme D'Or", Los Angeles Times, 25 Mei 1993; besoek op 6 Mei 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search